Para-atlete kort baie meer ondersteuning
Die Namibiese para-atlete presteer altyd uiters goed al het hulle nie altyd al die aandag nie. Die land het sy eerste medalje by die Paralimpiese Spele gewen toe Lahja Ishitile die goue medalje in die 400-meter T11-eindstryd vir vroue in ‘n rekordtyd verower het. Sy het met haar gids, Sem Shimanda gehardloop. Johannes Nambala het agste gekom in die T13 100-meter finaal en gaan ook aan die 400-meter deelneem. Chris Kinda en Ananias Shikongo het onderskeidelik tweede en derde in hul uitdunne in die eerste ronde van die T11 400m vir mans gekom. Die Paralimpiese span se hoofafrigter, Letu Hamhola, sê die atlete gee altyd hulle beste en verdien baie meer ondersteuning.