Paolini, Errani verseker Italië se eerste tennis-medalje in 100 jaar

Olimpiese Spele: Jasmine Paolini en Sara Errani het seker gemaak van Italië se eerste tennis-medalje in 100 jaar toe hulle die eindstryd van die vroue-dubbelspel in Parys gehaal het. Hulle het die Tsjegge Karolina Muchova en Linda Noskova in die halfeindronde verslaan. Paolini het vanjaar internasionaal naam gemaak toe sy die eindstryd van die Franse Ope en ook Wimbledon gehaal het. Sy en die 37-jarige Errani het vroeër die Italiaanse Ope gewen. Hulle speel in Sondag se eindstryd teen Mirra Andreeva and Diana Shnaider.