Pandor roskam LP’s oor Gaza

Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Naledi Pandor, vra parlementslede om ‘n akkurate weergawe te gee van die Israels-Palestynse konflik. Dit volg op uitlatings van lede in die Nasionale Vergadering, waar die leier van die ACDP, Kenneth Meshoe, betoog het Hamas het die konflik veroorsaak met ‘n aanval op Israel. Pandor beklemtoon dis belangrik om nie die geskiedenis van die Palestynse volk te verdraai nie: