Pandor moet Potgieter en Huxham huis toe bring

Die DA verwelkom die Departement van Internasionale Verhoudings en Samewerking se ingryping vir die vrylating van twee Suid-Afrikaanse ingenieurs in Ekwatoriaal-Guinee wat reeds langer as 15 maande aangehou word. Frik Potgieter en Peter Huxham is arresteer op vals dwelmaanklagte, blykbaar as vergelding vir beslaglegging op bates van Ekwatoriaal-Guinee se adjunkpresident Teodore Nguema Obiang Mangue. Emma Louise Powell van die DA sê minister Naledi Pandor besoek Ekwatoriaal-Guinee Saterdag vir onderhandelings: