Pandor, Cele, Modise en Nxesi is uit

Die veteraanministers Naledi Pandor, Bheki Cele, Thandi Modise en Thulas Nxesi keer nie terug na die Parlement nie, nadat die ANC in verlede week se verkiesing 71 setels verloor het. Hulle name is nie op die lys van die LP’s wat die Verkiesingskommissie vandag sal voorlê aan hoofregter Raymond Zondo nie. Die lys sal aangestuur word na die sekretaris van die Parlement. Die voormalige ministers Dina Pule en Malusi Gigaba is terug nadat hulle onder ‘n wolk van korrupsie weg is. Ander LP’s wat terugkeer is die voormalige DA-amptenare Athol Trollip en Mmusi Maimane.