Pandor aangestel as voorsitter van Madiba se stigting

Die voormalige minister van Internasionale Betrekkinge, Naledi Pandor, is vanaf 1 Oktober as voorsitter van die Nelson Mandela-stigting aangestel. Pandor is die derde persoon wat die rol beklee sedert sy stigting in 1999. Dit volg nadat Njabulo Ndebele wat vanaf Desember 2023 voorsitter was, afgetree het. Pandor het gesê dit is vir haar ‘n groot eer om Madiba se nalatenskap te handhaaf, met die doel om die stigting se werk in maatskaplike geregtigheid te bevorder. Sy het nou saam met Mandela gewerk tydens Suid-Afrika se eerste demokratiese administrasie.