Pan-Afrika-Parlement wens Ramaphosa geluk

Die president van die Pan-Afrika-Parlement, Fortune Charumbira, het president Cyril Ramaphosa met sy herverkiesing gelukgewens. Charumbira sê die hernuwing van sy mandaat is ‘n bewys van die vertroue wat politieke partye en ook die mense van Suid-Afrika in Ramaphosa se vermoë het om die land na die vervulling van sy mense se hoop, ideale en aspirasies te lei. Charumbira het die Pan-Afrika-Parlment se verbintenis tot noue samewerking met Suid-Afrika herbevestig.