Pampoentjies neem landwyd toe

Die Namibiese gesondheidsministerie sê gevalle van pampoentjies neem landwyd toe. Dit volg nadat pampoentjies vroeër by ‘n skool in Oshakati in die Oshana-streek uitgebreek het. Dit is ‘n hoogs aansteeklike siekte wat veroorsaak word deur ‘n virus. Die uitvoerende direkteur in die ministerie Ben Nangombe, sê aan Kosmos 94.1 Nuus mense met simptome word aangeraai om tuis te bly totdat hulle herstel het.