Pakistanse man vas in VSA vir sluipmoord-komplotte
Die Amerikaanse Departement van Justisie het ʼn man van Pakistan met vermeende bande met Iran, aangekla van ʼn komplot om politieke sluipmoorde op Amerikaanse bodem te pleeg. Die 46-jarige Asif Merchant word beskuldig dat hy probeer het om ʼn sluipmoordenaar in New York te huur om hierdie maand en vroeg in September hooggeplaaste amptenare te vermoor. Volgens berigte was oudpresident Donald Trump een van die teikens. Die FBI-direkteur Christopher Wray sê ʼn komplot wat in die buiteland beplan word om openbare beamptes, of enige Amerikaanse burger te vermoor, bedreig nasionale veiligheid.