Pakistan teken vele hitte-sterftes aan

Die Edhi-ambulansdiens in Karachi, Indië sê dit neem gewoonlik 30 tot 40 mense daagliks na die stadslykhuis. Maar oor die afgelope ses dae het dit sowat 568 lyke ingesamel – 141 van hulle op Dinsdag alleen. Die stygende getalle dooies kom terwyl temperature in Karachi bo 40 grade Celcius gestyg het, maar die hoë humiditeit laat dit so warm soos 49 grade Celcius voel. Die Siviele Hospitaal Karachi het tussen Sondag en Woensdag 267 mense met hitteberoerte opgeneem, sê dr. Imran Sarwar Sheikh, hoof van die noodafdeling. Twaalf van hulle het gesterf. Hittegolfsentrums en kampe is opgerig om verligting aan die publiek te probeer bied.