Pakistan, Indië se rookmis kan op satellietbeelde gesien word

Rekordvlakke van dik, giftige rookmis wat sedert verlede maand oor die oostelike dele van Pakistan en Noord-Indië hang, kan op satellietbeelde gesien word. Die besoedeling het die owerhede in Pakistan gedwing om skole en openbare ruimtes te sluit, aangesien dit die gesondheid van miljoene mense bedreig. Pasiënte wat ly aan die gevolge van die besoedeling oorval die hospitale en klinieke in Pakistan en die gesondheidsamptenare in Punjab sê meer as 30 000 mense is vir asemhalingskwale behandel. Lugbesoedeling weens fossielbrandstowwe veroorsaak jaarliks die dood van 5,1-miljoen mense wêreldwyd.