Pahad kry môre amptelike begrafnisSeptember 29, 2023

President Cyril Ramaphosa het aangekondig dat die voormalige adjunkminister van buitelandse sake, Aziz Pahad, môre met ‘n Spesiale Amptelike Begrafnis Kategorie Twee in Johannesburg vereer sal word. Die 82-jarige Pahad is Woensdag oorlede. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê, die president het hulde gebring aan Pahad, en sê hy was ‘n volmaakte diplomaat, nie net in diens van die land nie, maar ook ter ondersteuning van die stryd vir vryheid en geregtigheid, wêreldwyd: