Padvragvereniging sê minibegroting pak nie uitdagings by hawens aan nie
Die Padvragvereniging sê daar is geen melding gemaak van enige onmiddellike optrede om die toerusting by hawens te verbeter in die minister van Finansies, Enoch Godongwana, se minibegroting nie. Die vereniging se uitvoerende hoof, Gavin Kelly, sê hierde situasie verlam bedrywighede. Hy sê daar is ook nie verwys na sleutelinfrastruktuur om te verseker dat grootmaat-gebruiksgoedere per trein vervoer word nie.