Padveligheid is elkeen se plig: NamPol

Die Namibiese Polisiemag loods vandag ‘n Nasionale Padveiligheidsveldtog in Tsumeb, voor die feesseisoen. Met toenemende ongelukke en misdaad gedurende hierdie tydperk, word die publiek versoek om voorsorgmaatreëls te tref om hul veiligheid te verseker. Van 1 Januarie tot 10 November vanjaar is 2 659 ongelukke aangemeld, wat gelei het tot 4 864 beserings en 354 sterftes, volgens die Motorvoertuig Ongeluksfonds se ongelukstatistieke. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Kauna Shikwambi, die adjunkkommissaris van die Namibiese polisiemag, wat ‘n belangrike boodskap vir almal het.