Padveiligheid kom terug in kurrikulum
Plaaslike berigte lui dat die onderwysministerie saam met die Nasionale Padveiligheidsraad saamwerk om padveiligheid terug te kry in die skool kurrikulum. Verskeie vakke sal geteiken word in ‘n poging om padveiligheid te verbeter en ongelukke te verminder. Padreëls en regulasies sal ook ingesluit word. Padveiligheid was altyd deel van die skool kurrikulum tot onafhanklikheid toe die destydse onderwysminister Nahas Angula dit verwyder het. Namibië het van die hoogste ongeluksyfers ter wêreld, per kapita gemeet.