Padveiligheid: Daar’s geen genade nie

Daar is volgens die Motorvoertuig-ongelukkefonds reeds nege mense dood in 73 motorongelukke tussen 3 en 11  Desember, en 96 mense is beseer. Tydens verlede jaar se feestyd, van 22 November tot 2 Januarie, is 54 mense op die land se paaie dood. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die Nampol-hoof van verkeerswetstoepassing, kommissaris Petrus Swartz, wat sê dat hulle geen genade sal betoon aan enigiemand wat nie die padreëls nakom gedurende die feestyd nie.