Padprojek is vertraag, Lutombi is ontevrede

Die Padowerheid is besig met die opgradering van vier paaie van gruis na lae-standaard teerpaaie in die Oshana- en Oshikoto-streke. Die projekte het verlede jaar in Oktober begin. Die uitvoerende hoof van die Padowerheid, Conrad Lutombi, is egter nie gelukkig met die vordering tot dusver met die Engoyi-Omuntele-padopgradering na die laevolume-seëlprojek nie. Die projek is veronderstel om teen September vanjaar voltooi te wees, maar is tans amper drie maande agter skedule.