Padongelukke is weer te hoog, bestuurders weer gemaan

Die Motorvoertuig Ongelukkefonds vra vir verhoogde waaksaamheid en verantwoordelike padgebruikersgedrag van alle bestuurders, met verwysing na hoër verkeersvloei as gevolg van die skoolvakansie. Altesaam 51 ongelukke het die afgelope week plaasgevind. Die fonds se jaar-tot-datum statistieke het altesaam 1 282 ongelukke, 2 362 beserings en 178 sterftes aangeteken. Ruben Uupindi, die fonds se senior bestuurder van ongeluk- en beseringsvoorkoming, het met Kosmos 94.1 Nuus oor padveiligheid tydens die vakansie gesels.