Padnetwerk na Walvisbaai-hawe opgradeer

Die Padfonds-administrasie, die Walvisbaai-munisipaliteit en die Pad-owerheid het vandag ‘n memorandum van ooreenkoms onderteken om die padnetwerk wat na die Walvisbaai-hawe lei, op te gradeer en uit te brei. Die administrasie het 248 miljoen Namibiese dollar oor ‘n termyn van vyf jaar toegeken en sal binne die huidige boekjaar met konstruksie begin. Die Namibiese Hawe-owerheid, Namport, het sy eie rekord van die hantering van meer as sewe miljoen ton vrag in sy geskiedenis gebreek. Die administrasie se uitvoerende hoof, Ali Ipinge, sê die inisiatief sal vrag-volumes deur Walvisbaai verhoog.