Pad-owerhede wou eintlik 50 sent gehad het, maar sê 30 sent stop gate toe

Reaksie word ontvang op die aankondiging deur die ministerie van myne en energie om die brandstofheffing wat vir paaie gaan te verhoog met 30 sent tot 178 sent per liter brandstof. Die Paaie-owerheid en Padfondsadministrasie het gevra vir ‘n 50 sent verhoging, veral met verskeie projekte wat uitgevoer moet word maar, volgens die owerheid se uitvoerende hoof, Conrad Lutombi, sal elke bietjie help om die gate toe te stop.