Paartjie stuur ‘Jy is nie na ons troue toe genooi nie’-kaartjies aan familie en vriende

In ‘n plasing op die bekende sosiale media-platvorm, Reddit, het ‘n familielid van ‘n paartjie wat binnekort gaan trou, ‘n debat ontketen nadat hulle ‘Jy is nie na ons troue toe genooi nie’-kaartjies uitgestuur het aan vriende en familie. Volgens die paartjie het hulle dit gedoen omdat hulle kostes vir die troue wou bespaar en vermy dat familie en vriende op ‘n ander manier uitvind dat hulle nie genooi is nie. Die paartjie het besluit op ‘n bestemmings-troue, om sodoende die getalle van diegene wat die troue sou bywoon te verminder omdat hulle gehoop het genooides dan nee sou sê. Boonop het almal wat genooi is ‘n boodskap van die aanstaande egpaar ontvang wat hulle in kennis stel, sodra die seremonie klaar is, vertrek die troupaartjie om foto’s te neem en die gaste moet die onthaal saal opmaak vir die bruilof. Die paartjie het verduidelik weens ‘n te kort aan geld, kan hulle nie mense huur om die saal op te maak nie. Gebruikers op Reddit het gemengde gevoelens gehad oor die storie, maar wat dink jy? Het die paartjie te ver gegaan of dink jy hulle het ‘n punt beet?

Foto: Medium (verskaf)