Paarl Royals klop Pretoria Capitals met 27 lopies

In die SA20 reeks het die Paarl Royals die Pretoria Capitals met 27 lopies geklop in die Paarl. Paarl Royals het eerste gekolf en 160 vir 7 aangeteken in hul 20 beurte, terwyl Pretoria Capitals se telling 133 vir 7 was. Môremiddag om half-vier kom die Pretoria Capitals en Paarl Royals weer teen mekaar te staan, dié keer in Centurion.