Paaie sleg in plekke, want begroting word kleiner
Namibië kry gereeld lof vir ons padnetwerke, maar daar is nog baie wat gedoen moet word. Volgens die Padowerheid se uitvoerende hoof, Conrad Lutombi, het Namibië se padnetwerk van 41 815 km ná onafhanklikheid tot 49 578 km in 2024 uitgebrei. Die bitumen-padstandaard of teerpaaie het van 4 572km tot 8 714km toegeneem, terwyl grondpaaie van 25 500km tot 25 900km toegeneem het. Lutombi het by die Padsektor-beleidskonferensie in Windhoek uitgelig dat die begroting vir opgraderings verminder het na ‘n befondsing-tekort van 2 miljard Namibiese dollar.