Paaie-owerheid waarsku weer teen slenters

Met die huidige swak ekonomiese klimaat, probeer almal ‘n ekstra geldjie maak, skelms des te meer. Kriminele aktiwiteite neem toe, asook bedrog en swendelary. Natis se kantore is oor die jare deur swendelaars geteiken, want talle persone is desperaat om hul rybewyse te kry en val in die strik van swendelary. Die Paaie-owerheid waarsku die publiek teen bedrieërs wat hul naam gebruik en lede van die publiek bedrieg deur leerling-rybewyse aan te bied in ruil vir betalings via elektroniese betalingsdienste. Hileni Fillemon, woordvoerder van die owerheid, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.