Pa wat sy seun, 27 maande oud, lewend begrawe, gevonnis

‘n Man wat sy 27-maande oue fisies gestremde babaseuntjie lewend begrawe het, is in die hoërhof op Oshakati lewenslank tronk toe gestuur. Regter Erich Kesslau het die 31-jarige Nicolau Nghuumbwavali in April van moord met voorbedagte rade skuldig bevind. Hy het sy kindjie, Joseph, met al sy goedjies op 21 Januarie 2020, in ‘n voersak gestop en lewend in ‘n vlak graf in sy familie se mahangu-veld begrawe. Die kind, wat homself nie kon help nie, het versmoor.