Pa wat blykbaar kind wou vermoor weer in die hoof

George Kashava, 52, verskyn weer vandag in die landdroshof in Katutura op twee klagtes, poging tot moord en sameswering om iemand moord te laat pleeg. Kashava wou volgens die staat, sy 29 jarige seun laat vermoor sodat hy die 2 miljoen Namibiese dollar se dekking op sy lewe, kon eis. Hy het in September aansoek om borg gedoen maar dit is geweier. Adjudant-offisier Silas Shipandeni het die besonderhede in Oktober verlede jaar, toe Kashava sy eerste verskyning gemaak het so met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.