Pa vas vir verkragting na sy dogter, 14, swanger raak

Die polisie in die Omusati-streek het ‘n 44-jarige man gearresteer op klagtes van die verkragting van sy 14-jarige dogter. Sy is blykbaar swanger. Die koördineerder van misdaadondersoeke vir Omusati, adjunkkommissaris Moses Simaho, sê die voorval het tussen Januarie en Junie 2024 in die Etayi-kiesafdeling plaasgevind. Die pa het die kind gedwing om omgang met hom te hê en haar ma het die klag Dinsdag gemaak. Die polisie ondersoek die saak en dit is nie bekend wanneer die pa in die hof sal verskyn nie.