Pa van Georgia-skieter kan tot 180 jaar kry

Die pa van die 14-jarige seun van Georgia in Amerika, Colt Gray, wat van skoolmoorde aangekla word, het in ‘n Amerikaanse hof gehoor hy kan die res van sy lewe after tralies deurbring indien hy skuldig bevind word. Die 54-jarige Colin Gray staan tereg op twee aanklagte van moord in die tweede graad, vier van onwillekeurige manslag, en agt van kinderwreedheid. Twee kinders en twee onderwysers is dood in Woensdag se skietery by die Hoërskool Apalachee. Gray het na bewering ‘n vuurwapen vir Colt gegee, al het hy geweet hy is ‘n bedreiging vir homself en ander.