Ozzy Osbourne tree uiteindelik af
Ozzy Osbourne gaan nog twee vaarwel vertonings lewer om sy aanhangers te groet dan tree hy af. Die 75-jarige rock-ster se vrou, Sharon Osbourne, het bevestig dat die Black Sabbath sanger nie weer sal toer nie maar, hy is gretig om ‘n paar afskeid-optredes te lewer om sy ondersteuners totsiens te wuif. Sharon het ook gesê dat Ozzy weens ‘n reeks gesondheidskwessies insluitend Parkinson en probleme met sy rug twee laaste optredes in Aston, Birmingham, by Villa Park sal lewer voor hy heel uittree.
Foto verskaf: Pamela Littky/CPI Syndication