Oyo-stigter slaan filmprys in VK los

Die stigter en direkteur van die Ombetja Yehinga Organisasie, Oyo, Philippe Talavera, is nóg ‘n kreatiewe persoon in Namibië wat ‘n internasionale toekenning losgeslaan het. Hy het die toekenning as beste regisseur vir die rolprent Kapana by die Noordoos Internasionale Filmees in die Verenigde Koninkryk gewen. Talavera, wat met Kosmos 94.1 Nuus uit die VK gesels het, sê hy is baie opgewonde en sien uit na meer werk in die toekoms.