Oxfam beskuldig G7 van dubbele standaarde

Die wêreld se supermoondhede is aangemoedig om dit te oorweeg om die skuld van ontwikkelende lande af te skryf en beloftes, wat in verband met klimaatsverandering gemaak, is by die G7-beraad, tans in Japan aan die gang, na te kom. Oxfam International eis dat skuld gekanselleer word en dat bystand, teen 0,7 persent van BBP weer ingstel word, en ook dat 100 miljard Amerikaanse dollar voorsien word aan armer lande om die impak van klimaatsverandering die hoof te bied. Die G7 moet ook volgens Oxfam nuwe belasting op ryk individue en korporasies instel.