Owerhede wag nog vir verslag oor leeu-skietery in Omaheke

Een van die rondloperleeus in die Omaheke-streek, hoofsaaklik in die omgewing van die Eiseb-blok, is deur die owerhede doodgeskiet. Nog twee leeus is glo steeds op vrye voet. ’n Foto van die dooie leeu is wyd op sosiale media versprei. Die adjunkdirekteur van die omgewingministerie, Colgar Sikopo, het vrae deur joernaliste beantwoord oor die beleid wat sosiale media-plasings soortgelyk aan die een wat gedeel is, beheer.