Ovaherero-stigting ‘vertrou nie regering’ in reparasies-onderhandelinge

Duitsland het in 2021 aangekondig dat hy 1,3 miljard Euro oor 30 jaar sal betaal vir ontwikkelingsprojekte in Namibië, as reparasie vir die Nama- en Ovaherero-volksmoord. President Nangolo Mbumba het Duitsland onlangs besoek en met kanselier Olaf Scholz vergader oor ‘n aantal kwessies, insluitend reparasies en ekonomiese samewerking. Die Duitse mediamaatskappy Deutsche Welle het gesels met Nandi Mazeinga, die woordvoerder van die Ovaherero-stigting, en hom gevra of die Ovaherero die regering vertrou.