Ovaherero-opperhoof: Wanneer gaan minister besluit neem?

Die Ovaherero Tradisionele Owerheid en die Ovaherero-gemeenskap wag steeds vir die minister van Stedelike en Landelike Ontwikkeling, Erastus Uutoni, om te besluit oor wie as die Ovaherero-opperhoof erken moet word. Professor Mutjinde Katjiua en dr. Hoze Riruako maak albei aanspraak op die posisie. Kosmos 94.1 Nuus het by Uutoni gaan uitvind oor wanneer hy sy besluit sal neem.