Ovaherero, Namas nader VN oor Shark Island
Die Nama Tradisionele Leiersvereniging en die Ovaherero Tradisionele Owerheid het ‘n dringende versoek ingedien by die Komitee oor die Uitskakeling van Rassediskriminasie, ‘n VN-liggaam wat die implementering van anti-diskriminasie-konvensies monitor. Die twee groepe sê dat die Lüderitz-hawe-uitbreiding, wat deel is van ‘n breër regeringsinisiatief om die groenwaterstofbedryf te ondersteun, ‘n bedreiging vir die voormalige konsentrasiekamp op Shark Island inhou. Hulle beklemtoon dat die beplande konstruksie, wat vroeg in 2025 sal begin, die rusplekke van baie slagoffers wat ter see begrawe is, kan verstoor en die historiese betekenis van die terrein ondermyn. Hulle versoek die komitee om die saak dringend aan te spreek om verdere skade aan die historiese en kulturele erfenis van die Nama- en Ovaherero-volke te voorkom. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Maboss Ortmann, ‘n lid van die tegniese komitee van die Nama Tradisionele Leiersvereniging.