Outjo-munisipaliteit boor nog drie boorgate

Die Outjo-munisipaliteit het nog drie boorgate geboor in ‘n poging om die watertekort in die dorp aan te spreek. Die afgelope vier jaar het die ondergrondse water van Outjo afgeneem, sê Johannes Bapello, die burgemeester van die dorp. Die bestaande pype van vyf boorgate kon sowat ‘n week gelede nie die damme van genoeg water voorsien nie, daarom is die bestaande boorgat gerehabiliteer om die ander vyf aan te vul. Bapello sê dit was steeds nie genoeg om die damme te vul nie.