Outjo-chaos: LPM wil weet hoekom Sheya met bestuur inmeng
Na Outjo-inwoners vroeër die maand geëis het dat die dorp se hoof uitvoerende beampte Joseph Urib uit sy pos verwyder moet word, het die Landless People’s Movement vanoggend die inwoners van die dorp toegespreek. Die party se leier, Bernadus Swartbooi, vra hoekom die Kunene-streeksgoewerneur Marius Sheya betrokke is by die bestuur van die dorp?
Hy sê Sheya het net mooi niks gedoen om die Kunene-streek uit armoede uit te lig nie, en het ook geen ontwikkelingsplanne nie.