Outa veroordeel ANC se voorneme om teen beurtkrag-bevinding te appelleer
Die Organisasie teen Belastingmisbruik, Outa, het die ANC-regering se besluit gekritiseer om te appelleer teen ‘n uitspraak dat staatshospitale, klinieke, skole en polisiestasies teen beurtkrag beskerm word. Die uitspraak deur die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria verlede week, het beveel dat die regering dit binne 60 dae in werking stel. Die minister van Openbare Ondernemings, Pravin Gordhan, sê die appèl is om onnodige druk op die land se kragnetwerk te vermy. Stefanie Fick van Outa sê die appèl is ‘n vermorsing van openbare geld: