Outa sê ‘nee’ vir Eskom se 66% verhogings

Die Organisasie teen Belastingmisbruik is gekant teen Eskom se voorgestelde elektrisiteitsprysverhoging van 66-persent oor drie jaar en beskou dit as onbekostigbaar en tot nadeel van die ekonomie. Hulle vra die kragvoorsiener om daarop te fokus om uitgawes te besnoei asook die verbetering van doeltreffendheid en om hom toe te spits op skoon energie. Outa-woordvoerder, Stefanie Fick, versoek die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika om die verhogings te verwerp om verdere ekonomiese swaarkry vir verbruikers en ondernemings te voorkom: