Outa looi SABC-wetsontwerp

Die Organisasie teen Belastingmisbruik in Suid-Afrika sê die vertraging van drie jaar in die ontwikkeling van ʼn befondsingsmodel soos in die SABC-wetsontwerp voorgestel word, kan die openbare uitsaaier in ʼn moeiliker finansiële posisie plaas. Die SABC het in die 2022/2023-boekjaar ʼn verlies van 1,2 miljard Suid-Afrikaanse rand getoon. Die wetsontwerp is tans oop vir openbare kommentaar. Outa se woordvoerder, Stefanie Fick, sê die SABC het in die tussentyd finansiële sekerheid nodig, maar die wetsontwerp bied dit nie: