Outa loof einde van ramptoestand

Die Organisasie teen Belastingmisbruik sê hy is verheug oor die regering se aankondiging oor die beëindiging van die ramptoestand oor die voortslepende energiekrisis. Die regering het ingestem om die afkondiging terug te trek en Outa se kostes met die hofsaak te betaal. Die woordvoerder, Stefanie Fick, sê Outa het die ramptoestand uitgedaag weens kommer dat dit gebruik kon word om korrupsie moontlik te maak terwyl bestaande wette gebruik kon word om die krisis te bestuur.