Outa lig sy mening oor Gazprombank en PetroSA

Die Organisasie teen Belastingmisbruik is skepties oor die regering se onlangse kernkragverkrygingsplan en die beleggingsooreenkoms tussen PetroSA en Gazprombank, omdat dit nie deursigtig en rasioneel is nie. Die bekragtiging van ‘n transaksie van 3,7 miljard Suid-Afrikaanse rand en ʼn moontlike nuwe verkrygingsproses vir kernkrag van 2 500 megawatt laat die oё rek. Wayne Duvenage van Outa vermoed hierdie besluite is oorhaastig geneem en kan polities gemotiveer wees, moontlik in die lig van die komende verkiesings in 2024. Duvenage vra vir ‘n deeglike ondersoek na projekte wat die land raak: