Outa bevraagteken borgskap van oorsese sokkerklub

Die Organisasie teen Belastingmisbruik in die buurland het aan die toerismeminister, Lindiwe Sisulu, geskryf om antwoorde te eis oor die voorgestelde bemarkingsooreenkoms van byna 1 miljard Suid-Afrikaanse rand tussen South African Tourism en Tottenham Hotspur. Media in die buurland beweer die regering, deur SA Tourism, maak gereed om die Premierliga-klub volgens ‘n ooreenkoms van drie jaar te borg. Outa se uitvoerende hoof, Wayne Duvenage, sê dit kan ‘n ernstige vermorsing van geld en misbruik van belastingbetalers se geld wees: