Ouers vuur korrupsie in skole aan

Die jongste Afrobarometer opname toon dat ouers korrupsie in skole aanvuur. Die peiling toon dat 13 persent van ouers in Namibië omkoopgeld sal betaal om die nodige dienste by staatskole te bekom terwyl 16 persent sê dat onderwys ‘n prioriteitsprobleem in die land is. In die land het 46 persent van volwassenes sekondêre opleiding terwyl 8 persent geen skool gehad het nie. Amper helfte van die land se bevolking sê daar is kinders in hulle gemeenskappe wat nie skoolgaan nie. ‘n Totaal van 74 persent sê hulle het kontak met staatskole gehad en 26 persent sê hulle sukkel om die regte dienste by die skole te vind.