Ouers van vermoorde babameisie bly in aanhouding  

Die paartjie van die plaas Swartberg naby Karasburg wat teregstaan op die moord van hul vier maande oue babadogtertjie, bly in aanhouding. Die 28-jarige Festus Kamati en 25-jarige Monica Frans het in die Karasburg-landdroshof op klagte van moord tesame met die geslagsgeweld-wet, en regsverydeling verskyn. Die saak spruit uit die liggaam van hul babadogtertjie wat in ‘n vlak graf op die plaas gevind is. Volgens die Namibiese polisie het hul werkgewer opgemerk die baba-meisie is nie meer by hulle is nie, maar hulle het glo aangevoer dat hulle haar na familie in die Noorde gestuur het. Die beskuldigdes se saak is tot 20 Februarie uitgestel.