Ouers van skoolskieter kry minimum 10 jaar

Die Michigan-skoolskieter se ouers is elk tot tronkstraf van 10 tot 15 jaar gevonnis nadat hulle skuldig bevind is aan onopsetlike manslag. James en Jennifer Crumbley se seun Ethan het in November 2021 met ʼn wapen van die huis af vier leerders by die Oxford High School doodgeskiet. Hulle is die eerste ouers in Amerika wat aanspreeklik gehou word vir ʼn kind se massaskietery by ʼn skool. Regter Cheryl Matthews sê die vonnis behoort as afskrikmiddel te dien om skietvoorvalle by skole in die toekoms te voorkom: