Ouers moet paraat wees vir aanlyn seksuele teistering

Die polisie waarsku ouers oor aanlyn seksuele teistering soos die 16 dae van aktivisme vir geen geweld teen vroue en kinders begin. Ouers word aangemoedig om hulle kinders se toestelle soos tabletrekenaars en selfone daagliks te monitor. Hulle moet ouerbeheer-sagteware installeer wat skadelike inhoud kan blok. ‘n Polisiewoordvoerder in die buurland Athlenda Mathe, sê die predatore lok kinders met aanlynrekenaarspeletjies en ouers moet ekstra paraat wees: