Ouers moet met kinders praat oor verkragting

Die voormalige kinder-advokaat by die kantoor van die Ombudsman het haar reaksie gegee op seuns wat glo ‘n meisie verkrag het. Volgens die Namibiese polisie is ‘n meisie van ses jaar oud deur twee seuns, 11 en 15 jaar oud, naby Ondobe in die Ohangwena-streek herhaaldelik verkrag. Daar word beweer dat die verdagtes in twee afsonderlike voorvalle die meisie gekry het waar sy van die skool af huis toe gestap het en haar daar in die bosse gedwing het. Die voormalige kinder-advokaat Ingrid Husselmann het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat…