Ouers drink, sluit peuters in huise toe sonder kos

Aktiviste teen geslagsgeweld meld toenemend gevalle aan van peuters wat toegesluit word in sinkhuise in informele nedersettings terwyl ouers uitgaan om te drink. Die afgelope twee dae is drie afsonderlike gevalle aangemeld en die kinders is almal erg ondervoed met twee wat reeds aan kwashiorkor ly. Die Wêreldvoedselprogram sê wanvoeding is ‘n groeiende bekommernis in Namibië, met 24 persent van kinders onder die ouderdom van vyf wat vertraagte groei ervaar, 6 persent wat te te min weeg vir hul lengte en 13 persent wat ondergewig is. Aktiviste sê die publiek verstaan die syfers as ‘n tekort aan voedselsekuriteit in die land maar, hulle meen in talle gevalle handel dit eintlik oor drankmisbruik deur die ouers.