Oudste skeepswrak gevind

Israeliese argeoloë sê vrag van die oorblyfsels van die oudste skeepswrak wat tot dusver gevind is, is in die oostelike Middellandse See ontdek. Honderde ongeskonde antieke stoorpotte, wat vermoedelik 3 300 jaar oud is, is aan die noordelike kus van Israel ontdek. Kenners verbonde aan die Israelse oudhede-owerheid sê die ontdekking dui aan seevaarders kon in dié tydperk navigeer met behulp van die son en sterre. Die wrak is tydens ‘n roetine-olie- en gasopname ontdek.